Contact Us

AFRIKAANSE TAAL PROJEK

Way With Words Transcribers - Way With Words Jobs

’N OPWINDENDE GELEENTHEID OM DEEL TE WEES VAN ONS AFRIKAANSE TAAL PROJEK!

Ons is opsoek na Afrikaans moedertaal-sprekende geselsers om kontaksentrum oproepe na te boots rakende die volgende onderwerpe:

  • Reis (Travel)
  • Gasvryheidsbedryf (Hospitality)
  • Bankdienste en Finansies (Banking & Finance)
  • Versekering (Insurance)
  • Kleinhandel (Retail)
  • Eiendom (Real Estate)
  • Olie en Energie/Krag (Oil & Energy)
  • Lugvaart (Aviation)
  • Landbou/Boerdery (Agriculture)

Oproepe sal op ’n aanlyn platform opgeneem word. Betaling is R5.00 per oudiominuut opgeneem. Jy benodig ’n rekenaar/skootrekenaar (ongelukkig word geen selfone/tablette toegelaat nie), ’n stel oorfone met ingeboude mikrofoon, en ’n stabiele internet konneksie.

Belangrike informasie:

  • Die doel van hierdie projek is om klank-gebaseerde data in te samel om spraakherkennings-tegnologie in Afrikaans te ontwikkel.
  • Geen persoonlike inligting sal vrygestel word nie. Jy sal kan kies van ’n lys van fiktiewe maatskappy name asook jou eie skuilnaam. Opnames/inligting sal nie aan die publiek beskikbaar gestel word nie.
  • Jy hoef nie soos ’n kenner op die gebied waaroor jy praat te klink nie, maar algemene kennis oor die onderwerp is voordelig. ’n Lys met sleutelwoorde/terme om by die gesprek in te sluit sal ook verskaf word.

Indien jy belangstel om deel te wees van hierdie projek, stuur asseblief ’n kort – ongeveer 1 minuut lange – opname (hierdie gedeelte mag wel op ’n selfoon opgeneem word) en moet die volgende inligting bevat: naam, van, ouderdom, geboorteplek, dorp/stad waar jy tans woonagtig is, hoogste opvoedingsvlak voltooi en huistaal na projek@waywithwords.net. Voeg asseblief “Afrikaans Geselsprojek” in die onderwerp van jou epos om in ag geneem te word. 

Sou jou aansoek suksesvol wees, sal ons vir jou ’n epos met verdere besonderhede stuur. Hierdie gedeelte van die projek begin die 27ste Januarie en sal teen die einde van Februarie voltooi wees.